In Die Museumhuis

by Lionel Murcott

 

Jy fok nie met ’n boeremeisie – veral nie
in die huis van haar oorlede grootouers nie.

Die vloere is gepoleer, die sitkamergemakstoele
is donker geelbruin en onsitbaar – waar
gaan dié twee lê? Kaal albei, haar bene
vas om sy heupe, arms om mekaar,
soek hulle na ‘n bed. Maar … stemme –
uit die ouers se huis langsaan: Wat gaan
hier aan? Hy los haar, skuil om die hoek
in die donkergemeubelde eetkamer – al moet sy
nou alleen voor haar ouers staan,
al is sy met haar broer beskuldig.

In die huis
van haar grootouers fok jy nie met ’n meisie.

Google GmailTumblrFacebookPinterestTwitterWhatsApp
Tagged with:
Posted in Poetry
Archives