Radio-omroeper

by Andre van Vuuren

 

sy diep, gemoduleerde stem
bereik my oor die luggolwe
hier in my 3 x 4m kamertjie
waar ek, omring deur my vyandiggesinde
leesenaar, bed en tikmasjien,
my probeer verlustig in die oproep
van w. e. g. louw se versbeelde
maar nou, gebuk onder die kruis
van my daaglikse enkelbestaan,
is sy woorde koud en betekenisloos
soos ‘n eindelose bidsnoer

Google GmailTumblrFacebookPinterestTwitterWhatsApp
Tagged with:
Posted in Poetry
Archives