Passie

by Lezel Van Den Berg

 

Hoe kan ek begin om die storm binne in my te beskryf?
die golwe wat my emosies is dit breek elke oomblik met n slag
vinniger, groter, harder slaan dit teen my hart se kas.

Dit is soos n sagte, ligte wind jou asem teen my nek.

Fluweel
sagter as sag.

Jou bekwame hande los my siel naak
jou warm mond steel elke woord uit tussen my lippe voor dit aan my tong kon raak.

Dit is n passie wat jy ontmasker
‘n droom wat jy ontwaak
die hitte wat uit jou liggaam straal laat die glas waarin ek weg kruip
stadig, sekerlik en alles op een slag
opwasem
kraak.

Sagter as die sagte sag
woorde soos fluweel vloei in na my oor
met n knaag begin ‘n onbekende gevoel deur my alles te boor.

Dit trek aan my seeninge – eens by mekaar geweef
dit is n biedjie van iets – meer as net alles
my oe, lippe, hande
hart, woorde en dit wat ek dink
my siel, en my liggaam

Dit is alles wat jy beinvloed, alles wat ek los in jou besit
n liefde wat vloei deur my are, en binne in jou oe is waar dit skitter

Google GmailTumblrFacebookPinterestTwitterWhatsApp
Tagged with:
Posted in Poetry
Archives