ñ Brief van n vermoorde kind aan die ouers

by Antony Domburg

Jyt gesê “Ek sal my lewe vir jou aflê my kind”
Ek vind dit ironies, want waar was jy toe andere my dood op straat vind.
Jyt belowe jy sal na my kyk
Vandag is ek nie lewend maar ñ lyk.

Hier in my buurt het ek my lewe verloor
Hier waar ek op gegroei het is ek vermoor.
ñ Plek eens so mooi en vol verwagting
Verander in ñ hool van moord, roof en verkragting.
Hoe is dit dan dat jy niks gedoen het elke keer as jy iets verkeerd sien
As loon vir jou niks doen het ek my dood verdien.

Wie het niks gedoen toe daar by huise in ons buurt in gebreek word
JY……..
Wie het niks gedoen toe die mense begin beroof word
JY…..
Wie het niks gedoen toe mense begin aanrand word
JY……
Wie wil nou die hardste huil by my graf
Weereens JY…..

Jou oë is vol haat, jy koester wraak
Pleks dat jy destyds iets gedoen het aan die saak.
Jy en ander ouers moes lankal opstaan
Die kinders en plek beskerm en die euwel vermaan.
Dit stop sit voor dit begin broei
Maar deur jou slapgattigheid het dit gegroei.
Ek voel ek wil jou sleg sê al is ek nie groot
Want as gevolg van jou alewige wegkyk is ek vandag DOOD

Tagged with:
Posted in Poetry
A Call for Submissions: Johannesburg in Poetry