Revive

By Chestlyn Draghoender

Dai curse moet gabriek wôd;
Die een met sy kloue all over jou lieewe
moet gabind wod.
Met sakke en al moet hy ytgasmyt wod,
lat hy plat op sy gat val.

Want mens kannie jaa in jaa yt
mettie selle ou twak
sit en ve’wag
dinge moet change’ie.
Want ôs bly nie kinnes’ie.

En net soes’ie ligaam
van sy ou goed onslae raak,
moet jy oek jou mind renew.
Soes end vannie jaa wanne jy celebrate
Krismis tot Nuwe jaa saamit jou pelle
wil jy mos ʼn skoon blad omslat.

Dan maak jou pride’ie mee saak’ie.
Mense ve’houdings,
vriend’likheid en goeie eienskappe
issie dinge wat tel.
Die lieewe is te kot ou pel.

Tagged with:
Posted in Poetry
A Call for Submissions: Johannesburg in Poetry