Dit is die Stilte

by Chestlyn Draghoender

Dit is die stilte
wat dit so erg maak;
Die kommunikasie wat wegbreuk,
elke keer as jy probeer
++++praat.

Dit is die daad van wegloop,
van ignoreer
wat n mens vermink.

Die behoefte om gehoor te word
word onderdruk.
Die gebrek aan vertroue in die mens
word opgebou.

++En voor jy jou
++oë nog kan uitvee
++is alles net
++dood.