by Chestlyn Draghoender
Ek blame ie man,
wat skanne bring,
en nie sy pote vi homself ka hou nie.
Ek blame ie pastor,
wat vooskryf dat sy moet vashou,
moet vasbyt ter wille van hulle huwelik.
Ek blame ie kerk-broes en -sistes,
wat mien hulle vestaan waadee die kinnes
moet gan.
Ek blame sy familie oek,
wat sy vuilgoed toesmee oor hulle te bang is
om hom te konfrant.
Ek blame haar familie,
vi hulle gebrek aan liefde en support.
Wat maak asof hulle fokken liewens perfek is.
Ek blame albei se vriende,
wat voogie dat hulle omgie maar eintlik
lag hulle lekke.
Ek blame somma die hele fokken wereld, man!
Want as een ou opgetrie-it,
dan het sy vandag nog geliewe.