Jy fok nie met ’n boeremeisie – veral nie in die huis van haar oorlede grootouers nie.
Die vloere is gepoleer, die sitkamergemakstoele is donker geelbruin en onsitbaar – waar gaan dié twee lê? Kaal albei, haar bene vas om sy heupe, arms om mekaar, soek hulle na ‘n bed. Maar … stemme – uit die ouers se huis langsaan: Wat gaan hier aan? Hy los haar, skuil om die hoek in die donkergemeubelde eetkamer – al moet sy nou alleen voor haar ouers staan, al is sy met haar broer beskuldig.
In die huis van haar grootouers fok jy nie met ’n meisie.