Tottermannetjie hulle begeer na jou met kwyllende bêkke van vuil poppe trippel-trippel van kamer na kamer gereed vir lawwe lekke sawens vleg hulle steel-steel ghries bevlekte strate opsoek na ‘n tottermannetjie gekleed inne G-string begloei tottermannetjie die gatjie sy rubber-jassie begeester vir daai daaglikse “spyker”
soms wonner bra “t” is kaal orraait is donker “gespykery” net babalas vryery ‘n snel happie agter oppie bakkie onner ‘n herfs gesteisterde boom tussen khaki-bos teen die muur oppie grasryp wat knars onnerie “bumpe” en stampe maar ‘n pis-matras maak minder geraas
Tottermannetjie dapper stamper “spyker” vannie wyk visualiseer sy aardsplig verlosser vanne natuur nood die tol van sonde omring deur wonde ek gaan tog maar heen tottermannetjie snak van ongemak issit “spyker-siekte” onner lede Haa U Vee noem hulle hom nuwe besems vee altyd skoon hoe lank gaan jy nog vee weet jy nie dat ou besems verhaar.