by Johannes Davids.
Tottermannetjie hulle begeer na jou
met kwyllende bêkke van vuil poppe
trippel-trippel van kamer na kamer
gereed vir lawwe lekke
sawens vleg hulle steel-steel
ghries bevlekte strate
opsoek na ‘n tottermannetjie
gekleed inne G-string
begloei tottermannetjie die gatjie
sy rubber-jassie
begeester vir daai daaglikse “spyker”
soms wonner bra “t”
is kaal orraait
is donker “gespykery” net babalas vryery
‘n snel happie agter oppie bakkie
onner ‘n herfs gesteisterde boom
tussen khaki-bos
teen die muur
oppie grasryp wat knars
onnerie “bumpe” en stampe
maar ‘n pis-matras maak minder geraas
Tottermannetjie dapper stamper
“spyker” vannie wyk
visualiseer sy aardsplig
verlosser vanne natuur nood
die tol van sonde omring deur wonde
ek gaan tog maar heen
tottermannetjie snak van ongemak
issit “spyker-siekte” onner lede
Haa U Vee noem hulle hom
nuwe besems vee altyd skoon
hoe lank gaan jy nog vee
weet jy nie
dat ou besems verhaar.