by Rudi Coetzer
Moeder Mitologie en Vader Tyd
spyker 7 ure lank
op Rip van Winkel se vrybank
die witwaks uit mekaar uit ,
terwyl die Goeie Feë
hulle giggelend afloer
en later by Grumpy se Bar
die rumour verprei
“ Moeder Mitologie is ñ hoer ”
Vader Tyd strip toe sy moer
toe hy die rumour
by Goue Lokkies hoor
en kommandeer haar op
om Liewe Heksie te gaan soek
en haar dadelik na hom te bring
Goue Lokkies , goeie girl wat sy is
neem haar taak , soos altyd ,
vreeslik êrenstig op en kry toe
vir Shrek om haar te help
enigste probleem is
Donkie is vreeslik jaloers
en sommer die bliksem in
toe Goue Lokkies weier
dat hy die search party join
en bel toe vir Bugs Bunny
om hom te kry vir ñ dop
so ,toe kry Bugs Bunny en Donkie
mekaar by Grumpy se Bar
( Daar is mos net een fokken bar
in die hele Sprokiesland
en die woord Nepotisme verskyn gereeld
in Sprokiesland se enigste koerant –
Grumpy se girlfriend se pa
is mos die Minister van Handel en Nywerheid….)
enigste probleem is
Bugs Bunny drink net wortelsap
( hy is ñ recovering alkholis-
het mos vreeslik begin suip
nadat sy strokiesprent
deur Disney gecan is-
veral die feit
dat hulle ñ Oprah-strokie
in sy plek aanvaar het ,
en dat Oprah gewilder as hy is
kon hy nie handle nie !,
en nie eers Dr Phil
kon hom weer op die wa kry nie….
[ dankie tog vir die AA !
en Fruit & Veg wat hom nou borg ]
anyway , nou dwaal ek af
so , die enigste problem is
Bugs Bynny drink net wortelsap
en Donkie like Brandewyn en Coke
en brandewyn het mos nie brieke nie….
so , na 2 ure is Donkie gesuip
en op ñ skoon ander planeet .
Met Donkie wat al die girls begin harass
en seksuele aanmerkings begin maak ,
besluit Bugs hy wil nie gebliksem word nie ,
verskoon homself soos die gentleman wat hy is
en gaan soek vir Doc
( Hy en Doc het pelle gebly
al is hulle Stokie gekansaleer
en die nice ding is Doc is ook broke
en kan nie regte koeëls bekostig nie )
in the meantime het Goue Lokkies en Shrek
Sprokiesland kruis en dwars deursoek
na Liewe Heksie
maar hulle kry haar nêrens nie ,
nie eers by haar kêrel Blommie nie
( wat nadat Shrek hom gemartel het
in trane uitgebars het
en erken het dat Liewe Heksie
hom verneuk het met Koning Neptunus
en daarom is hulle nou X ’e )
die enigste probleem is
Goue Lokkies is bang vir water
en sy is baie erg oor haar lokkies ,
maar Shrek is ñ bliksem
en hy gryp haar stewig vas
onder een arm
( gelukkig het hy onthou
om gister anti-perspirant
aan te rol )
en duik met haar die see in
gelukkig by Koning Neptunus se kasteel
is alles maar stil
en daar is nêrens een van sy
berugte Witdoodshaai-wagte in sig nie ,
so , Goue Lokkies en Shrek sluip toe
ongesiens en sonder moeite
tot by Koning Neptunus se suite
by die groot dubbeldeur
van pêrels en perlemoen
staan hulle eers stil en uitasem
en luister en knipoog vir mekaar
toe dit klink of Koning Neptunus
ñ asma-aanval kry….
hulle storm saam deur die groot dubbeldeur
en betrap heksie met Koning Neptunus
se…ehm… towerstaf in haar….ehm…hand –
“ Haai-oe Blommie ” sê Liewe Heksie
Shrek steek sy hand uit en sê :
“ Nee , my naam is Shrek
en hierdie is Goue Lokkies . ”
Liewe Heksie sê :
“ Haai-oe Shrek , en ek dog jy is nie real nie !
Ek het al jou movies gesien ,
Matewis gaan my nooit glo
dat ek jou ontmoet het nie . ”
Shrek is maar saaklik , streng en haastig :
“ Dis nie mooi wat jy aan arme Blommie
gedoen het nie ,
maar dis nie hoekom ons hier is nie .
Vader Tyd wil jou dringend sien ,
Kom dadelik saam met ons . ”
So is die drie toe daar weg
terug Sprokiesland land toe
en is Goue Lokkies maar te bly
om weer grond onder haar voete te kry
die enigste problem is
sy weier om verder te loop :
“ Niemand gaan my sien
met my nat plat hare nie ! ”
en nie eers Shrek se dreigemente
kan haar van plan laat verander nie .
Gelukkig is Liewe Heksie daar
en bied toe aan om Goue Lokkies
se hare reg te toor….
maar jy weet mos nou
wat gebeur wanneer heksie toor
en sowaar as vet gebeur dit weer :
skielik is Goue Lokkies se hare
bob en bruin en het sy
ñ rooi rokkie met ñ rooi kappie
met wit kouse en wit skoene aan ;
en nadat sy snot en tane gehuil het
hou sy toe van die naam….
Ja , jy het reg geraai : Rooikappie
so , toe is Rooikappie en Shrek
en Liewe Heksie deur die donker bos
na Vader Tyd se wildsplaas toe
die probleem is
oppad soontoe kry hulle vir Wolf
en Wolf is dadelik lus vir Rooikappie
en stap al droolend agter hulle aan
gelukkig strip Shrek toe sy moer
vir die orige Wolf en praat mooi met hom
in ñ taal wat Wolf mooi verstaan
en is Wolf toe hinke-pink
met drie gebreekte ribbes ,
ñ gebreekte kakebeen
en ñ geknakte stert en ego daar weg
sjoe , die sprokie raak nou lank
teen sterk skemer kom die drie
toe op Vader Tyd se wildsplaas aan
en Vader Tyd stel homself voor :
“ Ek is Vader Tyd ,
dit is al amper sewe-uur ,
hoekom is julle agter die tyd ? ”
Liewe Heksie antwoord toe in trane :
“ Haai-oe Vader Spyt , ek is jammer
maar ek het nie ñ horlosie nie . ”
Vader tyd wil toe eers weet
wat is dit wat hy van haar
en Koning Neptunus hoor ?
Liewe Heksie bloos toe
en antwoord dat Blommie
se towerstaf sy krag verloor het
en nadat almal lekker saam gelag het
nooi Vader Tyd hulle toe eetkamer toe
waar hulle lekker smul
aan eeue se delicatessen
en toe eers kom hy tot die punt :
“ Die Goeie Feë versprei rumours
dat Moeder Mitologie ñ hoer is
en dat ek en sy
( sê hy met ñ breë glimlag )
sewe ure lank gespyker het
op Rooi Jan se vrybank .
Heksie , dit is nie waar nie
en ek wil hê jy moet
die feite vir my regstel .
Ek en Moeder Mitologie
het sewe ure lank gespyker
op Rip Van Winkel se vrybank . ”