Hoe kan ek begin om die storm binne in my te beskryf? die golwe wat my emosies is dit breek elke oomblik met n slag vinniger, groter, harder slaan dit teen my hart se kas.
Dit is soos n sagte, ligte wind jou asem teen my nek.
Fluweel sagter as sag.
Jou bekwame hande los my siel naak jou warm mond steel elke woord uit tussen my lippe voor dit aan my tong kon raak.
Dit is n passie wat jy ontmasker ‘n droom wat jy ontwaak die hitte wat uit jou liggaam straal laat die glas waarin ek weg kruip stadig, sekerlik en alles op een slag opwasem kraak.
Sagter as die sagte sag woorde soos fluweel vloei in na my oor met n knaag begin ‘n onbekende gevoel deur my alles te boor.
Dit trek aan my seeninge – eens by mekaar geweef dit is n biedjie van iets – meer as net alles my oe, lippe, hande hart, woorde en dit wat ek dink my siel, en my liggaam
Dit is alles wat jy beinvloed, alles wat ek los in jou besit n liefde wat vloei deur my are, en binne in jou oe is waar dit skitter