Home 9 Literary Archive 9 Poetry 9 Poems by Sjaka S. Septembir

Poems by Sjaka S. Septembir

ses liedjies vir talja
geïnspereer deur yehuda amichai

1
die dag praat sonnig

en steeds slaap jy

ek plaas my voete aan my kant
van die bed in ‘n oerwoud van klere en boeke

jy wil hê ek moet met die nag
onderhandel om terug te keer

maar jy sal moet opstaan

upetra is reeds hier en haar skoon maak prosessie
gaan die oerwoud van slaap en wanorde tot niet maak

2
skoolkinders is rusteloos in jou lag
daar’s die mooi anargie van ryp appelkosies
in jou glimlag

jou liggaam is ‘n korf
vars gestroop van bye
jou heuning vloed my siel se tong

daar’s ‘n krans van madeliefies
in ons saam wees
waar ons tot die onmoontlike klim

3
altyd dans my
oë oor jou gesig en lyf

elke dag van ons lewe saam sprankel ons
kleur kruit prente van saam wees saam

in die hofsaak van die lewe
spreek ons wees elke individu vry

4
ons proe mekaar se seks sappe
ons monde sag soos lente vrugte

buddha ontwaak in die kruin van ons saam wees
en klap laggend sy vlerke

jy lig jou elmboë as jy dans
jou bo lyf form ‘n orion patroon

5
heerlik speel jou senustelsel play station
in die gespierde kurwes van jou seksie lyf

jou bruin oe sprankel in my kop
soos jy suig aan die tiet van tyd

jou duie is wolke wat rio karnaval
seks lus opwakker in my

in ou geskrifte slaan salomo op sy bok vel drom
en sing jou lof in hebrews

6
my een oog is die indiese oseaan
die ander atlanties

die twee ontmoet onstuimig op die suid punt
elke keer as ek jou sien

my bloed is ryk aan familie
wat vir jou kuier as ons hande vas hou

in die hart van ons orgasmes erf ons
die heel-al se skatte

 

woorde bars los oor ‘n ou foto van jou

trilling binne die skeits-lyn
van bestaan in die agurkie
kampioen se haarstyl vlinders
wie wieg die wapens tot slaap?
wie skommel in die hoek met gaas draad?
wie sê hallo en mompel totsiens?
hoeveel hoeke is daar aan die ekonomie
van jou lyf? wat sê jou telefoon alles vir jou
wanneer jy die oggend wakker raak?
vryf jy ooit die skerm oor jou honger klit?
hoeveel hoera’s gil jy vir jou 3 jarige op
sy verjaarsdag? hoe blind
is jou blinde kol?
wanneer is herfs nou eendag ten volle hier?
is hierie tans my belangrikste
of belaglikste vrae?
‘n luiende wekker, ‘n wiegende see bries van vrae
terwyl jou foto hier voor my op die lessenaar lê

 

‘n Saterdag op die dansbaan van my siege

sulke sombere gedagtes, veels te somber vir ‘n Saterdag
sou ek sê, veels te staties en standbeeld agtig op hierdie Saterdag
waar oor die somer son reeds so verskriklik opgewonde dans
die somer Saterdag waar die wind laggend en jonk pluk-pluk
aan almal se hare in Kaapstad, veels te skaduagtig en in getrokke
sit ek in my kamer met gedagtes en hê ‘n armsalige herkouing feesmaal…
los die swaar dink vir vandag uit; kom! stood jou kop by die deur uit
gaan groet die mitiese dwergies en meerminne van jou bestaan
tyd tik ‘n stofwolk los, moenie op jou laat wag nie, jy hoef net te wees
in en uit te asem en jouself toe te laat om weer alles nuut te sien.
toe die son dans! die blou lig golf in eindelose applous
maak die hartseer kamer in jou hart vir vandag toe, vanaand
wanneer jy met ‘n runnik weer hier terug klief, sal
die kamer steeds vir jou staan en wag en
jy kan dan kies of jy weer hartseer se gesplete wang wil soen

 

Oprah Winfrey
Geskryf vir ‘n publieke performance waar ons Oprah gehang het

Jy i$ Oprah Winfrey die Groot TV guru, nie waar?
Daar vloei mo$ digitale syfers in jou elke internet aar
As jy oor die toilet buk i$ dit glo net om ‘n adverten$ie uit te druk
Dit blyk dat a$ die kamera weg draai jou ge$ig dadelik van daai
Glimlag af weg blaai – glo na iet$ aaklig en $uur
Wat geen kind kan verduur
$o hoekom word jy tereg ge$tel?
Want jy’$ die mees bekende ou agony aunt
Jy kwaak eindeloos ‘n klomp dom $tront
Oor maer bly, liggie$ vry, hoe jy en Gayle – tot vervelen$ toe –
Die hele Amerika vol ry, hare $ny en hoe kinders nooit mag pak $lae kry
Oprah!
On$ veroordeel jou tot dood, veroordeel jou tot dood,
Veroordeel jou tot dood – tot dood, tot dood, tot dood
Vandag!
$o oor watse nuwe ding gaan jy vandag blaf?
Jou Amerikaan$e geroggel draf my kaf
Gaan jy weer John Travolta se traantjie$ op pik
Terwyl hy $oo$ ‘n baba oor die brandweermanne $nik?
Of gaan jy terug keer na jou palei$
En ‘n bord vol kaviaar van al jou bediende$ verei$?
$o hoekom word jy tereg ge$tel?
Omdat jy $o lekker hand aan hand met die Bu$h admini$tra$ie gaan
Oor jy wil hê almal moet tog net fabulous lyk
En nie dieper vrae inve$tigate
Oor jy $o a-$eksueel jou verhewe opinieloo$heid met on$ almal deel
$o vandag gaan jy waai
Jou tone gaan in hul duur $koene leweloos
Aan die galg $waai
Jou fanta$tie$e middeljarige figuur
Gaan aa$ word vir elke Afrika wurm en mier
Oprah Winfrey!
On$ veroordeel jou tot dood, veroordeel jou tot dood,
Veroordeel jou tot dood – tot dood, tot dood, tot dood
Vandag!

 

die sykous meisie sê, “boog si efil”!
(vir Jacobi)

daar’s ‘n borrelende gloed van
flink verleidelike beginsels
‘n weerlig van lewe
in die turquoise soom om jou hart
wat ‘n gefrustreerde mooi engel
laatnag, voor jou geboorte, in
gehekel het. jou vel is gebrei
deur 99 celestial dolfyne, jou
lag het gekom na ‘n hemels weermag
uitgestuur is om die rykste kinder laggies
te versamel en toe’s al die laggies saam
in die Goddelike-blender versap
na die klank wat jy nou so vrylik
van uit jou maag, op deur jou keel,
en tussen die perlemoenskulp van jou tande laat uit klank
elke blonde string wat fyntjies groei
van jou kopvel is ‘n tou waar or al die
geheime van die heel-al laggend tou spring
jou lyf wriemel met kinderverhale,
met Liewe Heksie, Pippie Langkous,
en dies meer se uitbundige sprankel
jy bomelakiesie in jou stap
jy Rio Karnaval in jou aantrek
jy hanswors op wêreld verhoë
en jy skyn, skyn altyd
met ‘n hart warmer as ons Son