sy diep, gemoduleerde stem bereik my oor die luggolwe hier in my 3 x 4m kamertjie waar ek, omring deur my vyandiggesinde leesenaar, bed en tikmasjien, my probeer verlustig in die oproep van w. e. g. louw se versbeelde maar nou, gebuk onder die kruis van my daaglikse enkelbestaan, is sy woorde koud en betekenisloos soos ‘n eindelose bidsnoer